Oor Ons

Beeld in Onderwys glo in die opvoeding en ontwikkeling van die jeug - ons toekoms. In die daaglikse koerant is 'n skatkis van inligting en kennis oor onder andere lewenswaardes en werklikhede wat van onskatbare belang is vir die opvoeding van die jeug. Daar is inligting wat in elke vakgebied benut kan word. 

 

Beeld in Onderwys het met programme ten doel om jong lesers te ontwikkel en 'n leeskultuur te skep waar die jeug as ingeligte mense, krities evaluerend kan lees, luister asook kan dink en redeneer. 

 

Leer en Presteer fokus op vraestelle met memorandums vir alle grade om leerlinge te help om hul kennis te toets en hul skoolwerk maklik te maak. Ons gee jaarliks 15 uit, 3 per fase Graad R-3, 4-6, 7-9, 10-11 en 12. 

En nog n ekstra een met Matriekoefenvraestelle - wat fokus op volledige vraestelle soortgelyk aan die eindeksamen in vakke soos Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese-en Lewenswetenskappe.

Aangedryf deur Myka-IT
DuxEdMedia Aanlynwinkel/Online Shop © 2019