Beeldskool Aanlynwinkel/Online Shop
Welkom by die Beeldskool Aanlynwinkel! U kan u aankope doen deur middel van elektroniese bankoorplasings (EFT). Nadat u die betalingsbewys aan ons gestuur het, word u produk geaktiveer vir aflaai.
U kan u taalvoorkeur bo-aan die webblad maak.
Die eksamenvraestelle en ander materiaal op die webtuiste word opgestel deur ervare onderwysers en u sal dit nie elders kan aankoop nie. Al ons materiaal het streng kopiereg en mag nie onregmatig versprei word nie.
Die webtuiste kan gemaklik op 'n digitale foon besigtig word, dit is egter meer geskik vir 'n rekenaar. Vanaf middel 2021 het ons die formaat na A4-papier grootte verander. U kan 'n Adobe pdf-leser gebruik vir al die publikasies. Wanneer ons 'n produk vir 'n koerantpublikasie voorberei, sal die pdf-formaat verander en daarom sal 'n rekenaar meer geskik wees om sodanige publikasies te lees.
Wanneer u aangekoopte produkte aflaai, moet u asseblief verseker dat u dit op u rekenaar stoor waar u dit weer maklik kan vind.
Verspreiding, reprodusering, kopiëring, of roofkyk van Beeldskool materiaal (video- en of pdf-materiaal of enige ander materiaal en produkte), sonder die skriftelike toestemming van Media24, is onwettig en geregtelik vervolgbaar. Rapporteer aan: www.ebeeldskool.co.za
Distribution, reproduction, copying, or pirated viewing of Beeldskool material (video and or pdf material or any other material and products), without the written consent of Media24, is illegal and is judicially enforceable. Please report such to: www.ebeeldskool.co.za